Kortgolf

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Kortgolfradio word uitgesaai in die frekwensieband tussen 3 MHz en 30 MHz (ook hoë frekwensie, HF, genoem). Die band se golflengtes strek van 10 tot 100 meter. Dit word HF genoem omdat die golflengtes in gebruik in die begindae van radio korter was as wat destyds gebruiklik was. Kortgolf word veral gebruik om baie lang afstande te oorbrug. Die senders in die ultrakortgolfband waaraan ons nou gewoond is saai in teenstelling in 'n reguit lyn uit. Omdat die aarde gekrom is, is die bereik van so 'n sender, afhangend van sy hoogte en sterkte, gewoonlik slegs so 50 tot 100 kilometer.

Prinsipe van de korte golf
Prinsipe van de korte golf

As gevolg van hulle lang golflengte volg die golwe in die middel- en langgolflengtes die aardoppervlak en kan redelike afstande daarmee oorbrug word, middelgolf tot so 300 km, langgolf so 1000 km. Kortgolf het daarenteen 'n spesiale eienskap; die ionosfeer van die aarde reflekteer die seine terug na die aarde. Deur gebruik te maak van hierdie weerkaatsing is dit moontlik om afstande van baie duisende kilometers te oorbrug.

Vanweë hierdie eienskappe was die HF-bande by baie gebruikers populêr gewees, sowel militêr as siviel, van omroepsenders tot lang-afstandskommunikasie. Dit was daarom altyd 'n dig gepakte frekwensiegebied gewees wat by elke nuwe vergadering van die WARC (instansie wat radio-frekwensies verdeel) 'n groot geveg tussen die belangegroepe veroorsaak het. As gevolg van die verskyning van kommunikasiesatelliete in die '60'er jare en beskikbaarheid van goedkoop toerusting vir hoër frekwensies het behoefte in die siviele wêreld afgeneem. In die militêre wêreld het die band populêr gebly vanweë die klaarblyklike kwesbaarheid van satelliete.

Tot die opkoms van die internet was 'n HF-verbinding een van die weinig betaalbare moontlikhede vir besighede om onafgebroke inligting te verwissel tussen die verskillende lande. Tot aan die einde van die 20ste eeu was internasionale telefoontariewe hoog en was 'n onafgebroke verbinding tussen twee lande heeltemal onbetaalbaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search